Goody on route

Who: Joop, Jacolette, Johannes, Dirk and Lelei
Port: Richards Bay
06 September 2013 | Richards Bay, South Africa
05 September 2013 | Portugese Islands, Inhaca, Mozambique
03 September 2013 | Mozambique
30 August 2013
29 August 2013 | Bassas da India
28 August 2013
26 August 2013
21 August 2013 | Madagascar
17 August 2013 | Madagascar
10 August 2013 | Nosy Antsoba, Madagascar
06 August 2013 | Nosy Be, Madagascar
04 August 2013 | Madagascar
03 August 2013 | Nosy Be, Madagascar
21 July 2013 | Nosy Be area
15 July 2013 | Indian Ocean
11 July 2013
10 July 2013
07 July 2013
06 July 2013

Juffrou

04 August 2013 | Madagascar
Jacolette
Dit was sekerlik een van die grootste uitdagings wat ek al moes aanpak in my lewe. Dit was totaal buite my gemaksone, en veral my "geduld"-sone. Maar hierdie uitdaging het geen opsies van uitkoms gehad nie, ek moes aanhou. Mettertyd na baie ure van n verskeidenheid opvoedingsboeke lees, homeschooling blogs lees, “teaching boys” blogs lees, het ons n sisteem gekry wat werk.

As ek terugkyk na die spesiale tye wat dit my gegee het saam met hom, is ek baie dankbaar. En as ek luister na hom terwyl hy vir my lees, kry ek trane in my oe. Trane van blydskap en ook trane van hartseer, om te weet ek moet hom nou oorgee aan n regte juffrou. Ek gaan moet terugstaan en toekyk hoe sy hom verder vorm. Dit gaan haar mylpale wees wat bereik word en nie meer myne.

Gaan sy hom vertel van die dinge wat hom as individu sal inspireer om nuwe uitdagings aan te pak? Gaan sy verstaan as sy groen oe begin dwaal, en weet hy soek nou ietsie om te eet? Gaan sy verstaan as hy nie kan (wil...) stilsit nie? Gaan sy verstaan as hy eerder wil gaan snorkel en dan n les doen oor die visse wat hy gesien het? Gaan sy verstaan as hy wil gaan visvang na die eerste les van die oggend want die water is skoon en die visse volop? Gaan sy verstaan as hy weet van die Komodo draak of die drakedans van Chinese nuwe jaar, maar as hy nie weet die klok wat lui beteken hy moet in n ry gaan staan?

Wat is n ry in elk geval?

Party dae (ok, ek erken, meeste dae) voel dit asof ek wil terugdraai, terugdraai na die bekende uitdagings. Soos juffrou wees.

Maar dan besef ek weer, dis tyd om die gemaksone te verlaat, en nuwe uitdagings te aanvaar, en een van hul is n regte lewe in n regte Graad 1.
Comments
Vessel Name: Goody
Vessel Make/Model: Dean Catamaran
Hailing Port: Richards Bay
Crew: Joop, Jacolette, Johannes, Dirk and Lelei
About: Joop, myself and our 2.5 year old son, Johannes, left Richards Bay harbour on 6 December 2008. Since then, Dirk was born in 2009 in Curacao, Dutch Antilles and Lelei in January 2013 in Penang, Malaysia.
Goody's Photos - Main
4 Photos
Created 27 July 2013

Who: Joop, Jacolette, Johannes, Dirk and Lelei
Port: Richards Bay