Preperation for circumnavigating the Gariep dam''s shoreline with a pure solar powered boat

07 June 2017 | Gariepdam

Ons Sonboot in Gariepdam hawe.

07 June 2017 | Gariepdam
Phillip/Fine
Ons het in February vanjaar n fantastiese ondervinding op die Gariepdam gehad. Ons doel was om die sonboot te gaan toets ter voorbereiding van n ekspedisie om die hele dam se binne kuslyn om te vaar met n solar aangedrewe boot. Vriende van ons, Blokkies Loubser en sy vrou Anne-Marie, het n seiljag daar en het ons ondersteun.
Die weer was ongelukkig nie ideaal vir n sonboot nie en die sikloon wat die ooste van die land genader het het gure reënweer gestuur.
Ons het Saterdag namiddag, die 18de February 2017 by die Gariepdam gearriveer en die bote voorberei. Sondag oggend opgestaan in bewolkte en reënweer en besluit om om die dan te gaan ry per motor. Vanaf die seiljag klub, naby Forever resort, het ons oor die damwal gery na Oviston en Bethule. Die Bethule brug is amptelik die begin van die Gariepdam en ons het begin besef oor hoe groot ń watermassa die Gariepdam het!
Maandag oggend was dit steeds 100% bewolk met motreën. Ons het besluit om vanaf die Seiljag Klub baai kloksgewys kuslangs te begin vaar en maar te sien hoe vêr ons kon vorder in dié kondisies. Ek en Ronél het ons reënjasse en veiligheids baadjies aangetrek, genoeg water en kos ingepak en begin vaar. Ons was in radio verbinding met Blokkies hulle en sou mekaar later kontak. Hulle wou ook die baaie verken en sou dan later by ons aansluit.
Die sonboot het twee solar panele en met toetse wat ek voorheen gedoen het kon ons die trolling motor op volspoed(5de) laat werk in sonskyn weer terwyl die battery vol bly, dus loop dit dan net op sonkrag. Spoed behaal vas ongeveer 5.5km/u.
Ons was verras met die uitstekende werkverrigting van die son panele in die bewolkte kondisies en kon baie goeie vordering maak. Met die motor op 4de spoed verstelling het die battery krag vol gebly en kon ons so vir 8ure aaneen vaar. Teen 3uur namiddag het die seiljag ons op sleeptou geneem en het ons by n beskutte baai, Pams baai geanker en die nag daar geslaap. Die seiljag is ingerig met n kombuis, slaap plek en selfs n braaier!
Die volgende oggend is ons weer terug gesleep na die area waar ons die vorige dag opgehou het. Ons het met die sonboot in n baie groot baai ingevaar en kon om eielande en baie naby die kus vaar as gevolg van ons boot se vlakwater vermoë. Die Gariepdam het baie verskuilde rotse, modder banke en die troebel waters maak dit onmoontlik om dit te sien. Vir die seiljagte wat kieëls van 2 meter het is akkurate navigasie baie belangrik. Navionics is n elektroniese kaart en n belangrike middel om te gebruik.
Dinsdag oggend het die son plek plek begin uitkom en gou kon ons ons sonboot op volgkrag vaar.
Later daardie week het ons n perfekte windstil sonskyn dag gehad. Ons het vanaf die baai na die oorkant verby die massiewe damwal na Apiesbaai gevaar. Sonkrag lewering was meer as genoeg en die spieëlgladde water en doodse stilte was n uitsonderlike ondervinding.
Die seiljag het daar by ons aangesluit en Blokkies hulle het die seiljag geanker en in hul klein battery aangedrewe booitjie het ons by Apiesbaai aan wal gegaan en te voet verken.
Ons het ook later as bemanninglede saam hulle aan n reisies deel geneem na Oviston en terug.
Dit was n unieke ondervinding en ons is nou erenstig besig met voorbereiding vir die beplande ekspedisie. Augustus vanjaar is op besluit en die plan is om die 20ste, my 60ste verjaarsdag, die dam te begin om vaar.
Groete
Phillip van Rooyen
0829282560
Lichtenburg
Comments
Vessel Name: Spirit of Kon-Tiki